.
Ouders zijn belangrijk

COMPUTERSCHOOL 'LUTHANDO' EN OUDER-KIND RELATIE

Hoewel de basiskennis computerbesturing hoofddoel is, blijkt in de praktijk dat er op de cursus nog veel meer wordt ‘opgepikt’. Met name door de volwassenen, die zelf veel te weinig of geen gelegenheid voor schoolonderwijs hebben gehad. Bijgaande twee briefjes spreken voor zich.


Weergave van het briefje van Lenie Adams:
“My eerste gevoel in die klas was dat ek niks weet wat skool aan betref, want hoe lanklaas was ek op skool. Maar dit was 'n belewenis om weer terug te wees. Die juffrou het dit vir my maklijk gemaak om te verstaan wat belangrik is vir my kind en myself.
Daar moet roetine, disipline en troue liefde wees.
Nou sien ek kans om die wêreld te versit, want het geleer om die grond gelyk te maak vir myself en die kind.
Dit wil sê jou beginsel moet reg wees.
Baie dankie dat ons so’n voorreg kan hê om ons kinders kan help om hul self te help.
Baie baie dankie.”


Weergave van het briefje van Eunice September:
“Voordat ek na die kursus gekom het, het dinge net so deurmekaar gelyk, dinge het net nie sin gemaak nie. Nou dat ek in hierdie kursus is het dinge soveel verander, ek het geleer hoe om met my kinders te werk, hoe om roetine en dissipline toe te pas in hul klein lewens. Ek het selfs meer oor myself geleer. Ek is baie ongeduldige persoon, maar die kursus het my ook geduld geleer. Ek het geleer hoe met ’n sagmoedige stem met my kinders en my gesin te praat en ook hoe om met andere mense te kommunikeer.
Dit het ook groot verandering in my huishouding gebring, ons weet nou om elke aand huisgodsdiens te hou en te bid. Dinge in die huis is nou baie rustiger.
Die dag toe ek na die computer kursus gaan, was ek baie senuwe agtig, maar toe ek daaruit gaan het ek baie geleer.
Ek het gesien dit is glad nie so moeilik nie om op ’n rekenaar te werk. Ek het ontspanne geraak, ek het dit ook baie geniet. Ek wil u-hulle ook hartlik bedank vir die geleentheid wat u-hulle ons bied om te leer hoe ’n rekenaar werk. Baie dankie, mag God u ryklik seën.”


Jacaranda heeft zich in principe voor 5 jaar (vanaf 2007) verbonden aan de school, met de bedoeling dat de school zich in deze periode ontwikkelt en financieel onafhankelijk maakt. Er is een goede basis voor de verdere uitbouw van de school. De doelstelling is jaarlijks 250 cursisten op te leiden. Een cursus bestaat uit 20 lessen van 2 uur met tevens de mogelijkheid om 2 keer per week op school te oefenen.